Vandana Shiva

Vandana Shiva
Vandana Shiva in 2014

Gebore 5 November 1952
Dehra Dun, Uttar Pradesh (tans Uttarakhand), Indië
Nasionaliteit Vlag van Indië Indië
Vakgebied Filosoof, omgewing, skrywer
Alma mater Universiteit van Guelph
Universiteit van Wes-Ontario
Toekennings Right Livelihood Award (1993)
Sydney Vredesprys (2010)
Fukuoka Asian Culture Prize (2012)
Webblad www.navdanya.org
Video-Statement (2014)

Vandana Shiva (Hindi: वंदना शिवा; geb. 5 November 1952, Dehra Dun, Uttarakhand, Indië) is 'n fisikus, ekofeminis, omgewingsaktivis en skrywer. Shiva is tans woonagtig in Nieu-Delhi en is verantwoordelik vir die publikasie van meer as 300 verhandelinge in vooraanstaande tegniese joernale.

Shiva het deelgeneem aan die nie-geweldadige Chipko beweging tydens die 1970's. Die beweging waarvan die meeste deelnemers vroulik was het die taktiek aangeneem om bome te omhels om te verhoed dat hulle afgekap word. Sy is een van die leiers van die Internasionale Forum oor Globalisasie, (saam met Jerry Mander, Edward Goldsmith, Ralph Nader, Jeremy Rifkin en andere) en 'n leiersfiguur in die wêreldwye solidariteitsbeweging bekend as die alterglobaliseringsbeweging. Sy maak voorspraak vir die wysheid van tradisionele praktyke soos blyk uit die onderhoud met haar in die boek Vedic Ecology (deur Ranchor Prime) wat handel oor Indië se Vedic erfenis. Sy is ook bekend vir haar luide kritiek teen Westerse maatskappye soos Monsanto om patente op lewende wesens te verkry. Haar verweer is dat hierdie genetiese veranderde saailinge die tradisionele gewasse sal verplaas en 'n nuwe soort kolonialisering verteenwoordig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search